|
Gunsteling Sondaghoender (zondagkip)
Algemeen
Bereidingstijd: Langer dan 1 uur
Maaltijdgang: Hoofdgerecht / Hoofdgerecht
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen: 4 personen
Ingredienten: 1 groterige, heel hoender(kip)
sout en peper na smaak
2 ml tiemie
4 groterige, geskilde aartappels of 8 klein, geskilde aartappeltjies van dieselfde grootte
Sousie
50 ml heuning of stroop(honing)
40 ml suurlemoensap (ek gebruik botteltjiesap)(citroensap)
30 ml tamatiesous(tomatenketchup)
15 ml Worcestershiresous
15 ml aangemaakte mosterd
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Skakel die oond aan op 180 grade Celsius.
As die groot aartappels gebruik word, sny dit eers in die helfte. Kook die aartappels vinnig in soutlose kookwater vir 15 minute. Terwyl die aartappels kook, sit die hoender in 'n groot oondbak met 'n deksel.
Strooi sout en peper en 1 ml tiemie oor die hoender. Draai die hoender om en strooi weer sout en peper en 1 ml tiemie oor.
Meng die sousie. Pak die aartappels rondom die hoender en gooi die sousie oor.
Bak vir 1 uur, draai die hoender om en bak vir nog 1 uur. Haal die hoender uit die bakskottel en verdik die sous met so 15 ml Maizena wat in water opgelos is. Bedien met rys en groente.
|
|
|